Darren Kelfkens en Leandie du Randt in die Egoli-fliek.

Darren Kelfkens en Leandie du Randt in die Egoli-fliek.

Het jy gehoor?

Afrikaanse flieks blom

Lees Deel 1

Maar gewone, romantiese flieks in Afrikaans?

Daarvan was niks te sien nie. Om nie te praat van ’n Afrikaanse musiekfliek nie. Nou, ewe skielik, is daar ’n ontploffing. Die skrywer Breyten Breytenbach het dalk ’n punt beet gehad toe hy gesê het Afrikaans veg om oorlewing op universiteits- en amptelike vlak. Maar as spreektaal, musiektaal en nou ook as fliektaal blom Afrikaans soos rose, magrietjies én lelies.

“Dis goed vir ons taal dat mense ’n fliek gaan sien wat nie slapstick is nie,”sê Theuns Jordaan, wat die sanger Ruan Landman in Jakhalsdans speel.“ En dis bemoedigend dat beleggers in dié Afrikaanse flieks glo.”

Die skrywer Jan van Tonder, wie se roman Roepman (Human & Rousseau, 2004) binnekort verfilm word, hoop die opbloei in die filmbedryf sal meer geleenthede vir skrywers bied. Soos Katinka Heyns sê: “Sukses begin met ’n goeie draaiboek,’n goeie  draaiboek en ’n goeie draaiboek.”

Ook op Afrikaanse musiekgebied is dinge aan die woel. Linda Korsten, mede-vervaardiger van Liefling: Die movie (kyk die voorprent) en dogter van Gé Korsten, wat destyds die liedjie “Liefling”bekend gemaak het, sê dié musiekfliek is ’n liefdesverhaal met ’n paar kinkels. En ook die eerste een sedert Sing vir die harlekyn met Sonja Herholdt – sowat dertig jaar gelede!

Sonja, wat die rol van Liefling (Lika Berning) se ma vertolk, meen die fliek hou tred met die tyd. “Ons in SA het nou nodig om trots te wees op wat ons is, sonder om oor-patrioties te wees.”

Vanwaar die opbloei?

Die meeste kenners is dit eens dat die musiekbedryf ‘n groot rol speel. Die sukses van Afrikaanse musiek het die landwye kunstefeeste laat groei, meer toneelstukke is opgevoer en nou word Afrikaanse flieks weer gemaak. Ons gehore raak ál meer gewoond daaraan om akteurs in ons eie tale en aksente te hoor en in ons eie milieu te sien. En ons filmmakers raak ál beter.

Die jong geslag Afrikaanse filmmakers het passie en kry formele opleiding by filmskole. “Hulle werk later saam in die bedryf om goeie rolprente te maak en werk te skep. Namate hulle ryper en ouer word, verander hul smaak en kan hulle gehore saam met hulle neem,”sê Katinka.”Dit sal wonderlik wees as dié filmmakers in SA, soos oorsee,’n ware rolprentkultuur kan vestig.”

Daarom is almal baie bly oor die regering se geldelike steun: Sedert twee jaar gelede bied die department van handel en nywerheid ‘n subsidie van 35% vir plaaslike rolprente met ‘n produksiebegroting van meer as R2,5 miljoen.

“Dit help baie om die ergste risiko te verwyder,”sê Deon Meyer, wat Jakhalsdans se draaiboek geskryf het. Die Nasionale Film-en-videostigting ondersteun deesdae ook projekte wat die Afrikaanse kultuur weerspieël, nie net Engels en die ander inheemse tale nie, vertel Katinka. Om te kwalifiseer vir al dié finansiële hulp moet ‘n rolprent die SA kultuur weerspieël en ‘n plek in die mark kan oopskop.

Televisie voorsien ook nie meer in die Afrikaanse publiek se behoefte na verfilmde verhale nie, sê Franz Marx – vandaar die vraag na meer flieks. Daar is beslis tans ‘n gaping in die mark vir Afrikaanse films, beam Bianca Isaac, vervaardiger van die fliek-weergawe van Getroud met rugby. “Die Afrikaanse mark is baie lojaal en hy vra ‘n goeie produk wat sy kultuur en taal weerspieël.”

Akteurs en vervaardigers meen kykNET doen wondere vir werkskepping, maar vir die res gaan daar nie veel aan wat Afrikaans betref nie. Die SAUK se geldsake lyk swak en werk is aan die doodloop. “Ons wat Afrikaans praat, het dus eintlik besluit om vir onsself werk te skep,”sê Linda Korsten.

Maar daar is steeds min werk vir akteurs in SA, waarsku Franz Marx. “Hier is geen professionele

Nie almal stem saam nie…

Baie is versigtig optimisties, veral omdat die films nuwe name na vore laat kom, soos Leandie du Randt wat Peggy in die Egoli-rolprent speel en ook ‘n verskyning in Susanna van Biljon maak.

Daar’s ook Jakhalsdans se Janke Bruwer (8) en Liefling se Marlee van der Merwe. Wat die sentimente agter die flieks ook al is,dis steeds belangrik om wins te maak – die rolprentbedryf is ‘n sakeonderneming,sê filmmakers.

Daarom help dit dat films deesdae op DVD uitgereik word,en die klankbane op CD,soos in Liefling se geval. Adverteerders raak ál slimmer en filmvervaardigers kan ‘n bietjie geld verdien (van R20 000 of meer) met produkplasing.

In Leon Schuster se fliek Mr Bones was daar byvoorbeeld prominent ‘n buisie Aquafresh-tandepasta, vertel André Frauenstein sr. van Phoenix Rising Media,’n produkplasing-maatskappy.Aquafresh betaal dan vir dié publisiteit.

Type or paste here.

 

Afrikaanse teatergeselskappe wat ‘n voedingsbron vir gehalte-spelers, dramaturge en regisseurs is nie.Tans teer ons nog op wat wás. Sonder ‘n volwaardige Afrikaanse verhooggeselskap stuur die Afrikaanse rolprent- én TV-bedryf op ‘n ramp af.”

Die ontwikkeling van tegnologie is nog ‘n pluspunt, want dit sorg vir veel goedkoper produksie- en náproduksiekoste. Alles word digital gedoen. Die installering van digitale skerms in die meeste teaters verminder die verspreidingskoste, sê Danie Bester, ‘n direkteur van The Film Factory, wat nou aan ‘n aantal flieks werk.

Die groot wenners bly egter die gehoor.Wat is nou lekkerder as ‘n mooi, romantiese fliek? En almal is moeg vir probleme,meen Linda Korsten. “Ons soek nou rustigheid,nie ‘n gevloek en geskel nie.Ons wil nie meer wonder wanneer kom die volgende baklei- of sekstoneel nie.”

Danie sê hy hoop Suid-Afrikaners sal by die punt kom waar ons outomaties die SA fliek sal kies as ons voor tien plakkate by die teater te staan kom. “Jy moet weet die storie sal goed wees,die film tegnies goed versorg, dat jy waarde vir jou geld sal kry en dat jy beter sal kan identifiseer met jou eie mense as met enige Hollywood-ster.

Kyk die voorprent van die Egoli-film:

  • carel smit

    Ek bly in Paragauy ,hier is geen afrikaans nie .Ons stel belang om afrikaanse flieks aftelaai op internet,kan iemand ons asb help ons sal dit waardeer

  • http://cikbyqkfkkrz.com/ fklnuyu

    ohM6KZ homshsuhuvsl, [url=http://kwiujhqgyfsk.com/]kwiujhqgyfsk[/url], [link=http://mfnmbsrqrlww.com/]mfnmbsrqrlww[/link], http://kyqbzmmsyxbm.com/

  • Wilma du Toit

    Almal praat van die belangrikheid van Afrikaanse flieks, en dat Afrikaans veg op oorlewing, maar waar, o waar klop ‘n mens tog aan as jy nie ‘n bekende skrywer is om jou werk voor te le wat uit jou nederige perspektief uitstekende filmmateriaal is? Dit is defnitief nie ‘slapstick’nie, het ‘n goeie storie en is pure Afrikaans! Help tog asseblief!