die ontwaking
Het jy gehoor?

Afrikaanse misdaad-riller ‘Die Ontwaking’ sien binnekort die lig

’n Nuwe Afrikaanse misdaadriller, Die Ontwaking, is eersdaags op die grootskerm. Met ’n rolverding vol hope talent, die spannende storielyn en reeds ’n toekenning in die vertoonkas, kan ons nie wag om dié prent te sien nie!

Die reeksmoordenaar Abel Lotz (Gys de Villiers) vermoor jong vroue. Hy is die eienaar van ’n kunsgalery wat veral Afrika-maskers aanhou.

Screen Shot 2015-10-21 at 1.46.05 PM

Die jong, onervare speurder Ella (Juanita de Villiers) moet die moordenaar keer voordat daar nóg ’n slagoffer is. Dan moet sy ook haarself bewys aan haar meer ervare kollegas, Fred (Gerard Rudolf) en Silas (Paul Eilers), terwyl sy en haar man (Armand Aucamp) ook hul eie probleme het.

Maar dalk is Ella juis Abel se volgende slagoffer …

Die fliek smokkel met jou kop en laat jou wonder wat in die kop van ’n reeksmoordenaar aangaan.

Die Ontwaking het onlangs die toekenning vir Beste Film by die Indie Karoo Filmfees gewen.

Dit is gebaseer op die bekroonde skrywer Chris Karsten se eerste boek in ’n trilogie met dieselfde naam.

Die Ontwaking begin op 26 Februarie 2016 in teaters draai.

Lees ook