527027_369440219777518_512503210_n
Het jy gehoor?

Afrikaanse musiek stel nuwe rekord op

Die RSG top-20 word bereken volgens die hoeveelheid SA en internasionale albums wat die vorige week verkoop is. In die nr. 1-posisie vandeesweek is Roeper van Theuns Jordaan, waarvan die totale verkope reeds die 50 000-kerf verbygesteek het.

Tweede is RSG se 75 Jaar van musiek om die stasie se verjaardag te vier. Die liedjies op dié album is wel in Engels en Afrikaans.

Jay en Lianie May is derde met Bonnie & Clyde, wat ná net een week op die rak reeds goue status (met 20 000 albums) bereik het.

Steeds in die 4de plek, ná 22 weke op die top-20, is Riana Nel met Die moeite werd.

Vyfde is Afrikaans is groot Vol. 6, met bekendes soos Steve Hofmeyr, Karlien van Jaarsveld, Robbie Wessels en Juanita du Plessis.

Altesame vier van die top-5 is uit die Coleske Artists- en Johan Vorster Songs-stal.

Die verkoopsyfers wat ons albums behaal, is ongelooflik,” sê Arnold Coleske. “Theuns het byvoorbeeld die afgelope week 2 400 albums by net een van die winkelgroepe verkoop. Selfs in die Kerstyd sien ons nie sulke syfers nie. Ons het gesien dat dit nie regtig saak maak watter tyd of in watter ekonomiese omstandighede ‘n album vrygestel word nie – as die produk goed genoeg is, sal dit ondersteun word.”

Selfs Juanita du Plessis en Theuns Jordaan se DVD, Hart vol drome, wat tans die beste DVD-verkoper is, vlieg uit winkels met verkope van 38 000 in slegs drie weke.

Het jy al jou kaartjie vir die Afrikaans is Groot-konsert gekoop?

Op 11, 12 en 13 Oktober 2012 kan Afrikaans is Groot, ‘n trefferparade van SA se grootste sangers, almal op een verhoog by die Moreletapark-gemeente in Pretoria gesien word.

Met Steve Hofmeyr, Theuns Jordaan, Juanita du Plessis, Robbie Wessels, Bok van Blerk, Bobby van Jaarsveld, Jay, Karlien van Jaarsveld, Riana Nel, Lianie May, Jannie Moolman, Arno Jordaan, Corlea Botha en Jak de Priester.

Kry jou kaartjies nou by bookings.pnptickets.co.za