FOTO: Facebook  Brixton Barnard

FOTO: Facebook Brixton Barnard

Het jy gehoor?

Afrikaanse musikant Brixton Barnard oorlede

Drikus Barnard, beter bekend as Brixton Barnard van Die Brixton Moord en Roof Orkes, is Saterdag ná ’n kankerstryd oorlede.

Hy het in Maart vanjaar twee beroertes gehad waarna dokters ’n gewas op sy brein gevind het.

Die lede van Die Brixton Moord en Roof Orkes het die volgende op hul Facebook-blad gelaai:

Screen Shot 2015-07-27 at 10.13.35 AM

Huldeblyke stroom steeds in op Brixton se Facebook-blad.

Nóg ’n Afrikaanse kunstenaar, die akteur Christo Gerlach is, in die hospitaal opgeneem. Christo wat bekend is vir sy rol in Vyfster en ook later as regisseur en vervaardiger van televisieprogramme soos Glitterati en Tonge Los, is ernstig siek ná hy septisemie opgedoen het toe hy in die hospitaal was vir ’n mantevliesbreuk-operasie.

weer_geneem_deur_beaunitta_van_wyk-570x380

Foto deur Phyllis Green

Een vriendin, Cindy Stewart, het die volgende op sy Facebook-blad geskryf:

Ek was nou net by Christo Gerlach in ICU dis net gebed wat hom gaan red.