FOTO: verskaf

Het jy gehoor?

Afrikaanse ontwerper maak internasionaal groot naam

Die Afrikaanse couture-ontwerper Hendrik Vermeulen maak internasionaal groot naam: Sy ontwerpe met hul Europese standaarde en Afrika-invloede gaan binnekort in New York, Milaan en Rome gesien word.

Later dié maand is sy pasklaar-reeks vir Herfs/Winter 2015 by New York én Milaan se Modeweek op die loopplank. By die modeskoue in New York en Milaan sal Hendrik sy klere onder die FTL Moda sambreel, ’n groepvertoning, wys.

FOTO: verskaf

FOTO: verskaf

Dié Afrikaanse couture-ontwerper het al skouers geskuur met die mode-elite van die wêreld, name soos soos Michael Kors, Ralph Lauren en Carolina Herrera. Tog is sy wortels stewig geplant in Suid-Afrika, dis immers hiér waar hy inspirasie vir sy ontwerpe kry.

Die 33-jarige gebore Vrystater wat nou in Kaapstad gebaseer is, het die tema Rook en Spieëls gekies vir sy kleurryke nuwe reeks. Hy was geïnspireer deur die weerkaatsing wat jy in gebreekte glas sien en gebruik verskeie stowwe soos bedrukte sy, Springbok-leer en Italiaanse wol om sy visie gestalte te gee.

FOTO: verskaf

FOTO: verskaf

Ná New York en Milaan vertrek Hendrik na Rome om ook dáár sy ontwerpe te vertoon.