FOTO: verskaf

FOTO: verskaf

Het jy gehoor?

Afrikaanse ontwerper staande toegejuig by New Yorkse Modeweek

Die Afrikaanse couture-ontwerper Hendrik Vermeulen is staande toegejuig by dié jaar se New Yorkse Modeweek.

Sy pasklaar-reeks vir Herfs/Winter 2015 was verlede maand ’n wenner by dié glansryke modeskou. Hendrik se reeks, wat die beste van Europese en Afrika-modes kombineer, is as deel van FTL Moda, ’n groepvertoning, gewys.

FOTO: Renato Zacchia

FOTO: Renato Zacchia

Die gebore Vrystater sê dat ons land op gelyke voet met ander invloedryke en kreatiewe lande is: “As Suid-Afrikaners hoef ons glad nie terug te staan vir die res van die wêreld nie. Die mensdom is honger vir iets nuuts en vars – Suid-Afrika is ’n smeltkroes van kreatiwiteit. In Suid-Afrika is plan A baie selde beskikbaar, en dit forseer ons om meer kreatief te dink om dieselfde – of beter resultate – met plan Z te bereik!”

FOTO: Renato Zacchia

FOTO: Renato Zacchia

Hendrik poog om deur sy werk negatiewe persepsies van die modebedryf te verander en is baie meer inklusief as dit by die kies van modelle kom: “Ons het seker gemaak dat ons ’n verskeidenheid vroue as modelle kies – lank en kort, kurwes en dun, lig en donker.”

“Met ons tema, Smoke and Mirrors, wil ons deur die stigma van die mode-wêreld breek, die persepsie dat die photoshopped rokgrootte 00 die norm is. Ons klee regte mense, van enige vorm, grootte en kleur. Ons vier vrouwees,” voeg hy by.

FOTO: Renato Zacchia

FOTO: Renato Zacchia

Die 33-jarige ontwerper se klere is ook goed by Milaan se Modeweek ontvang. Hy vertrek binnekort na Rome om ook dáár sy ontwerpe te vertoon.

Lees ook 

Afrikaanse ontwerper maak internasionaal groot naam

Downsindroom-aktrise maak geskiedenis by New Yorkse Modeweek

Modeweek-skoonheid om te probeer