Andries Hendrik Potgieter op die loopplank by SA Modeweek FOTO: SDR Photo

Het jy gehoor?

Afrikaanse sanger hou sy lyf model

Die sanger Andries Hendrik Potgieter het sy lyf die afgelope naweek model gehou vir die modehuis Palse by die SA Modeweek in Johannesburg.

“Ek het nooit gedink dat ek ’n model sal wees toe ek die dag met my sangloopbaan begin het nie. Maar dis ’n nuwe en uitdagende veld wat ek vreeslik geniet,” vertel hy oor dié geleentheid.

Andries Hendrik by Paledi Segapo, ontwerper by Palse FOTO: verskaf

Andries Hendrik by Paledi Segapo, ontwerper by Palse
FOTO: verskaf

Die sanger, wat ook ’n skrywer is, het saam met Top Billing se Jonathan Boynton-Lee en die USN-ambassadeur Jacques Fagan op die loopplank verskyn. Palse, die ontwerper Paledi Segapo se modehuis, het al vertonings by modeskoue in Switserland, Londen, Kenia, Tanzanië en Malawi gehou.

Die modelle wat vir Palse op die loopplank verskyn het vir SA modeweek FOTO: SDR Photo

Die modelle wat vir Palse op die loopplank verskyn het by die SA modeweek
FOTO: SDR Photo

Modelwerk is nie sy enigste verbinding met die loopplank nie – Andries Hendrik was ook in Februarie in New York by die Runway the Real Way-modeskou in sy hoedanigheid as model én ontwerper.

“Die moeilikste is om seker te maak dat jy gereeld by die gim uitkom en gesond eet, want jou lyf moet altyd in top-kondisie wees,” brei hy uit oor sy modelwerk.

Andries sing saam met Steve Hofmeyr “Ons is Afrika”: