FOTO: Instagram (@elvisbluemusic)

FOTO: Instagram (@elvisbluemusic)

Het jy gehoor?

Afrikaanse sanger op Springsteen-verhoog

Een van Elvis Blue se grootste drome het Saterdagaand waar geword toe hy opgetree het voordat Bruce Springsteen se vertoning by die FNB-stadion in Johannesburg begin het.

Die blues-sanger Dan Patlansky is genooi om die vooraf vertoning by Bruce Springsteen se konsert in Johannesburg te lewer. Dan het vir Elvis gevra om een liedjie saam met hom te sing. Elvis Blue gesels met SARIE.com oor die geleentheid.

Dié sterre het almal na The Boss gaan kyk

Het jy geweet Dan gaan jou verhoog toe nooi?

Ja. Ek en Dan het saam studeer en ons was saam straatmusikante in Rosebank. Hy weet nog altyd dat ek ’n baie groot aanhanger is. Toe hy die oproep kry wat vra dat hy by die Bruce Springsteen-konsert speel, het hy my gebel en gevra dat ek een liedjie saam met hom doen.

Dan Patlansky berei voor om die verhoog te betree voordat Bruce Springsteen se konsert afskop. FOTO: Instagram (@elvisbluemusic)

Dan Patlansky berei voor om die verhoog te betree voordat Bruce Springsteen se konsert afskop. FOTO: Instagram (@elvisbluemusic)

Wat het julle agter die verhoog gedoen?

Ons het maar net gehang, die vertoning gekyk en die musiek geniet.

Het jy vir Bruce ontmoet?

Wel, dis so groot agter die verhoog, daar is honderde mense wat daar werk. So, ek het hom vlugtig gesien, maar ek sal dit nie regtig ’n ontmoeting noem nie.

Agter die skerms by Elvis Blue se musiekvideo

Hoe het dit gevoel om voor al die mense te speel?

Die het gevoel soos enige ou se droom, al was dit nie my show nie. Dis awesome om voor so baie mense op te tree. En ek was baie opgewonde om dit saam met Dan te kon doen – dit was baie beter as toe ons saam in Rosebank opgetree het!

Jy het een van Bruce se Kaapstad-vertonings ook bygewoon. Is dit beter agter die verhoog of in die gehoor?

Dis baie beter in die skare! Ek het in Johannesburg ook nie heeltyd agter die verhoog gebly nie en partykeer tussen die skare inbeweeg.

Elvis Blue het dié foto die naweek gedeel. Hy het saam met Dan Patlansky opgetree voordat Bruce Springsteen die verhoog by die FNB Stadion in Johannesburg betree het. FOTO: Instagram (@elvisbluemusic)

Elvis Blue het dié foto die naweek gedeel. Hy het saam met Dan Patlansky opgetree voordat Bruce Springsteen die verhoog by die FNB-stadion in Johannesburg betree het. FOTO: Instagram (@elvisbluemusic)

Elvis Blue en Kiehl’s span saam vir liefdadigheid

Met wie wil jy volgende die verhoog deel?

Ek weet nie wat ek nou volgende wil doen nie. Ek is nou so deurmekaar! Ek droom al vandat ek 16 jaar oud is hiervan en nou het dit uiteindelik waar geword. Ek het verlede jaar amper Italië toe gevlieg om na Bruce te gaan kyk! Ek sal seker nou eers net my eie musiek sing.

Hoe het jy so ’n groot aanhanger geword?

Ek het maar met Bruce se musiek grootgeword. Daar was altyd baie van sy musiek in die huis en toe ek ouer word, het ek net meer waardering daarvoor gekry.

Wat sou jy graag vir Bruce wou sê die naweek?

Dankie vir jou great musiek, dit vertel ’n storie.

Dis altyd vir my die grootste kompliment as mense so iets vir my sê, so ek dink dis wat ek graag vir hom sou wou sê.