FOTO Instagram / @girlwithcake

FOTO Instagram / @girlwithcake

Het jy gehoor?

Afrikaanse sanger Vaughan Gardiner se eersteling

Die Afrikaanse sanger Vaughan Gardiner en sy vrou, Nerine, het Maandagaand hul eersteling, Ameline Françoise Gardiner, verwelkom.

Vaughan het besluit om nie die naweek die Sama-musiektoekennings in Durban by te woon nie. Hy wou eerder by Nerine wees.

“Ek is baie geëerd om vir die eerste keer in my loopbaan genomineer te wees, en dit vir ’n album waarop ek en my vrou elke lied saam geskryf het. Maar ek is nie die naweek by die Samas nie. Omdat my vrou se bevallingsdatum so naby is, het ek besluit ek wil haar nie op haar eie los nie, ingeval iets gebeur of baba kom of net as sy my nodig het. Beste besluit van my lewe!” het Vaughan op Facebook geskryf.

Hy het die oulike foto van Nerine en kleine Ameline op sosiale media gedeel.

 

Baie geluk, Vaughan en Nerine!

Lees nou

Elon Musk: 5 dinge wat jy móét weet

Supermodel Kate Moss en dogter pronk op Vogue Italia