FOTO: Facebook

Het jy gehoor?

Afrikaanse sangeres Nianell skei ná 14 jaar

Rapport het gister berig dat die sangeres Nianell en haar man, Andrew Thompson, gaan skei. Lees die volledige berig hier. 

Andrew het vir lank as Nianell se se bestuurder gewerk, maar dié paartjie se paaie gaan nou skei. Nianell sê aan Rapport:

Dit is nie ’n besluit wat ons oornag geneem het nie. Ons het jare eers daaraan probeer werk … Ek en my man is baie, baie lief vir mekaar. Ons sê dit nog steeds elke dag vir mekaar. Maar ons besef ons is jare lank al eintlik net goeie vriende. Daar is nie die ander konneksies wat in ’n gesonde huwelik moet wees nie.

Tayden, Jade en Kaeley kuier saam met Pa FOTO: verskaf

Tayden, Jade en Kaeley kuier saam met Pa
FOTO: verskaf

Nianell (gebore Sonia Nel) en Andrew is vir 14 jaar getroud en hulle het drie dogters, Kaeley, Jade en Tayden.

Haar nuwe album Just be is binnekort op die rak en sy het op Facebook geskryf: “My nuwe CD cover. Ek is so opgewonde! Ek het nog altyd my hart met julle gedeel, maar met ‘Just be’ het ek my siel oopgemaak!”

10455450_10153514465647619_2605160061275904781_n

SARIE.com het verlede week foto’s van hul pragtige drieling-dogters, wat onlangs 7 geword het, gewys.

Nianell het Saterdag, die dag voordat die berig in Rapport verskyn het dié boodskap op haar Facebook-blad gedeel: “This is me in the eye of the storm! My focus always on LOVE, my heart joyful and my soul soaring in peace…”

Lees die volledige berig wat in Rapport verskyn het, HIER.

Andrew (links) en die drieling saam met Nianell, Riana Nel en haar man, Cornel.  FOTO: Facebook

Andrew (links) en die drieling saam met Nianell, Riana Nel en haar man, Cornel.
FOTO: Facebook

In 2013 in ‘n onderhoud met SARIE.com het Nianell die volgende oor die bekendstelling van haar nuwe boek, gesê:

“Al my werk het ’n sterk opbouende en inspirerende boodskap. Ek voel of ek nou net begin het om regtig te lewe, so julle kan nog baie opwindende projekte, boeke en musiek van my verwag! Met my boek en musiek (die boek kom saam met ’n CD) wat nou wêreldwyd vrygestel is, gaan ek nog baie moet reis en ek is opgewonde om liefde met die hele wêreld te deel. En hoe deel ’n mens liefde? Deur daardie liefde te wéés.

boekcover_630w

Nóg oor ekskeidings op SARIE.com