FOTO: Twitter @ririnel

Het jy gehoor?

Afrikaanse sangeresse – wie is jou gunsteling?

Sangeres Riana Nel het dié foto vandag op Twitter gedeel. Saam met haar op dié selfie is Franja du Plessis, Karlien van Jaarsveld en Juanita du Plessis.

Dié sangeresse kuier saam met ander bekendes soos Robbie Wessels vandag op die stel om ’n nuwe advertensie vir die versekeringsmaatskappy Virseker te skiet.

Watter een van dié sangeresse is jou gunsteling?

Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook– of Twitter-blad!

Nóg manewales op die stel vanoggend