Louw Venter neem foto's vir die nuwe fliek Konfetti se plakkaat. FOTO: Facebook

Het jy gehoor?

Afrikaanse sterre in nuwe fliek

Louw Venter, Nico Panagio, Jana Strydom, Hanna Grobler en Susanne Beyers is een van die dae in ’n nuwe rolprent te sien.

Konfetti gaan oor ’n Suid-Afrikaanse paartjie, Jean en Sheryl, wat trou. Jean is egter Afrikaans terwyl Sheryl ’n Jood is, en die twee se families tree baie gespanne op.

Wanneer Jean se strooijonker, Lukas, bietjie te diep in die bottel kyk, begin dinge verkeerd loop. Kort voor lank lyk dit of die paartjie se droomdag in ’n nagmerrie gaan ontaard. Dit lyk of dié nuwe rolprent jou gaan laat rol van die lag.

Kyk hier na die lokprent van die fliek, wat 4 April landwyd begin draai.