Het jy gehoor?

Agter die skerms: ADAM se nuwe musiekvideo

Dit is ’n driestuk-groep wat uit Reynardt Hugo, Hugo Ludik en Joe Forster bestaan. Hulle noem hulself ’n boy band met ’n verskil, en enigiemand wat al ’n ADAM-optrede bygewoon het, sal jou kan sê dat hulle jou voete behoorlik laat jeuk!

Hulle skryf al hul liedjies self en het reeds twee groot treffers, Liefde Soldaat en Somerlag (die Coca-Cola-liedjie).

Verlede Vrydag, 11 November 2011, het hulle die musiekvideo van Somerlag saam met Blixem Produksies geskiet. Hulle het dit afgeneem waar die lede van ADAM op ‘n reuse-afdruk van die lirieke van Somerlag staan en sing.

Vir meer oor ADAM gaan na www.adamband.co.za

[box:full:grey:both]

Hier is ’n agter die skerms kykie van wat alles daar gebeur het.

[/box]

Hugo Ludik voor die kamera Reynard op die reuse uitdruk van Somerliefde se woorde
Joe Foster op sy gemak voor die kameras Die lede van ADAM, Joe Foster, Hugo Ludik, en Reynard Hugo
Die lede van ADAM, Joe Foster, Hugo Ludik, en Reynard Hugo Die reuse uitdruk van Somerliefde se lerieke
ADAM geniet elke oomblik voor die kameras Joe, Hugo en Reynard sing hulle harte uit
Die manne van ADAM leef hulleself uit voor die kameras Joe Foster, Reynard Hugo en Hugo Ludik
[box:full:grey:both]

Kyk hier na hul eerste musiekvideo, Liefde Soldaat

[/box]