Het jy gehoor?

Agter die skerms by kykNET se nuwe advertensie-veldtog

Die nuwe kykNET-advertensie veldtog Beleef jou wêreld in Afrikaans is vandag in Johannesburg geskiet. Dié gewilde Afrikaanse TV-kanaal het sestig plaaslike bekendes soos Sandra Prinsloo, Marius Weyers, Emo Adams, Heinz Winckler en Anel Alexander betrek by die veldtog wat binnekort op die kassie gaan wys.

Die konsep van Beleef jou wêreld in Afrikaans fokus op die verlede en waarheen ons op pad is. Dit word uitgebeeld deur verskillende eras.

Joe Foster het spesiaal die temalied geskryf, met dieselfde naam as die veldtog, en van Afrikaans se gunsteling-sangers sal saam met hom dié lied sing. Kykers kan uitsien na hul geliefde akteurs en sangers wat saam in hierdie veldtog te sien is.

Hou SARIE.com dop – ons sal die advertensie deel wanneer die produksie voltooi is.

Kyk hier na agter-die-skerms-foto’s by die verfilming van die veldtog:

 

Marius Weyers en Sandra Prinsloo agter die skerms

Lawwigheid op stel

Emo Adams sit bietjie in die regisseurstoel

Anel Alexander

Die span hard aan die werk

Anel Alexander en Heinz Winckler

Emo dokumenteer die gebeure

Tyd vir 'n selfie

Heinz trek 'n gesig

Anel en Heinz

Dirk Stols

Agter die skems aksie

Die sterre is gereed vir aksie

Nedine Blom

Charlize Berg en Heinz Winkler

Pieter Koen, Willem Botha en Kim Cloete

Joshua na die reën