Het jy gehoor?

Agter die skerms by nuwe kykNET-reeks Die Buurtwag

Maak sommer nou al ’n nota in jou dagboek by 30 September, want dáárdie aand sal jy voor jou TV wil wees. Die nuutste kykNET-reeks, Die Buurtwag, is pas klaar geskiet en SARIE.com het op die stel gaan kuier.

As die naam vir jou ’n klokkie lui, is dit omdat dié reeks gebaseer is op die Silwerskerm-kortfilm met dieselfde naam, wat in 2012 die lig gesien het. kykNET het die regisseur en skrywer van Die Buurtwag, Beer Adriaanse, genader om die reeks te skryf kort ná hy by die Silwerskermfees bekroon is vir die beste draaiboek.

Nou, amper drie jaar later, is die stel van die Die Buurtwag die ene rep en roer. ’n Sterk balans tussen jare se ondervinding en jong entoesiasme val jou dadelik op. Met gesoute akteurs soos Albert Maritz, Johan Botha, Deon Lotz, en Joanie Combrink in die rolverdeling, en ook die jongbloed wat vir niks terug staan nie, Albert Pretorius, Beáte Olwagen, Karli Heine en Adam Heyns.

Hulle skiet tydens ons besoek by die “hoofkwartiere” van Die Buurtwag. Dit is by Don, gespeel deur Deon Lots, se huis.

Buite is die stemming gesellig en ontspanne, en net meters weg is die akteurs ernstig, gefokus en uiters professioneel. Elkeen ken sy woorde perfek.

Op die vraag of dit nie soms intimiderend is om die septer te swaai om sulke gesoute akteurs nie, antwoord Beer (30): “Almal is so goed en hulle kén toneelspel, dus hoef ek nie regtig baie veranderinge te maak nie.”

Dit is duidelik dat die span baie pret het voor en agter die skerms!

Die Buurtwag is ’n komedie-drama wat jou met die tong-in-die-kies-humor sal boei. Dit begin 30 September op kykNET, DSTV kanaal 144.

Al die foto’s is deur Adam Heyns geneem.

Albert Martiz (Gert) in die "hoofkwartiere" van

Beáte Olwagen (Yolandie) en Albert Pretorius (Johan) is in Die Buurtwag getroud

Johan Botha (Oom Koos), Deon Lotz (Don) en regisseur Beer Adriaanse besig met 'n toneel

Die filmspan neem 'n blaaskans tussen tonele

Adam Heyns (Tobie) en Beer Adriaanse

Deon Lotz, Albert Martiz en Cedwyn Joel (Elwin)

In die middel van 'n toneel van Van links: Owen Manamela, Cedwyn Joel, Deon Lotz, Albert Pretorius, Johan botha en Joe Vaz. Agter: Albert Maritz, Beer Adriaanse en Leon Kruger

Albert Martiz deel 'n ligte oomblik op stel

Beer maak seker hulle kry die perfekte skoot

Deon Lotz vertolk die rol van Don in Die Buurtwag

Die manne van Die Buurtwag om Don se snoekertafel

Agter die skerms by Die Buurtwag

Nog agter-die-skerms-aksie by Die Buurtwag

Akteurs Albert Martiz, Leon Kruger, Adam Heyns en Albert Pretorius neem 'n selfie

Albert Martiz en Deon Lots saam met reggisseur Beer Adriaanse

Agter die skerms tussen tonele

'n Intense toneel met Alberts Pretorius en Deon Lotz

'n Aksiebelaaide toneel met Adam Heyns

Lees ook