Het jy gehoor?

Agter die skerms by Vallei van Sluiers 2

Die eerste reeks van Vallei van Sluiers is die storie van ’n paar bekende Bolandse vrugteboerfamilies: die De Bruyns, die Robertses en die Van Rhijns … en van die mense wat deur die drie families in hul onmin, twiste en skandale ingetrek word. Dit speel af in die pragtige Ceres-vallei in die Boland.

Die eerste reeks het op ’n spanningsvolle noot geëindig met die nagmerrietoneel by die kuil waar Hugo en Beulah in die water gespartel het. Drie skote het geklap uit die vuurwapens van Hannah, JP en Bertito.

Al drie het meer as genoeg rede gehad om Hugo uit die weg te ruim. Hugo is getref en het bloeiend van sy wonde sy bewussyn verloor,  terwyl Con desperaat hulp gesoek het om hom by die hospitaal te kry. Maar niemand wou help nie…

Die splinternuwe reeks begin sewe maande na dié skietvoorval by die kuil. Baie vrae word deur terugflitse beantwoord. Maar as die reeks begin, is dit winter in die Ceres-vallei en sneeu laag teen die berghange skep ’n sprokiesagtige landskap. Daar het intussen baie veranderinge in die lewens van die mense van die Vallei plaasgevind…

Vallei van Sluiers is vervaardig deur Baobab-TV-Produksies (Kaapstad) en spog met Nico Panagio, Stian Bam, Erica Wessels, Michelle Burgers, Hannes van Wyk, Albert Maritz, Lida Botha en Yvonne van den Bergh in die rolverdeling. Draaiboeke is deur Johan van Jaarsveld en Louis Pretorius en regie deur Elizabeth Archer.

Die Splinternuwe reeks begin 19 April 2011 om 19:30 net op kykNET!

Regisseur Elizabeth Archer
‘n Stralende Michele Burgers (Emma) Jana Fischer (Monique) gesels met Albert Maritz (Be
Michelle Burgers (Emma) Nico Panagio (Jacques) met Jaqui Pickering (Maria C
Andre Rossouw (Oom Boykie) Lida Botha (Ta &aposEf)
Albert Maritz (Bertho Lopes) en Jaqui Pickering (Ma &aposn Groepfoto van die tegniese / produksie personeel
Yvonne van den Bergh (Chloe) Hannes van Wyk (Harm)
Jana Fischer (Monique van Rhijn) Klein Connie
Lida Botha (Ta&aposEf) en André Rossouw (Oom Boykie)
Ontspan onder die bome Sjampnaje is gereed...
  • Daleen

    Ek is baie opgewonde dat daar ‘n tweede reeks gaan wees. Het nie een episode misgeloop in die eerste reeks nie. Die Tema-musiek en omgewing in die storielyn was pragtig! Doen so voort met goeie Afrikaanse vermaak.

  • Ronel

    Uitstekende reeks, goeie werk. Kan nie wag vir die 19de April nie!

  • Stephanie van den Berg

    Kan nie wag vir die tweede reeks! Het klaar die datum gemerk om dit nie te mis nie. Die musiek is so strelend en toe die eerste reeks aan die gang was en die inleiding speel, het almal TV toe gehardloop want toe het ons geweet hier is een van die beste reekse nog.

  • Marcia

    Die 1ste reeks was uitstekend, net die einde was bietjie afgejaag en te veel in die laaste episode ingeprop. Die spelers briljant en elkeen het perfek gepas in sy rol.

  • Henriette Folscher

    Dis n uitstekende reeks – baie bly dit begin weer – het datum gemerk om nie te vergeet nie- hou so aan en baie dankie aan die vervaardigers en die spelers !

  • Stefanie

    Uitstekende reeks! Kan nie wag dat die tweede een begin nie, gaan nie ‘n episode mis nie! Dankie aan ons Afrikaanse toneelspelers en span wat vir Afrikaans sorg!

  • Elize Clark

    Ek kan nie wag vir die 2de reeks nie, die 1ste was uitstekend. Werklik iets om na uit te sien na al die teleurstellings wat ons moes verduur met onlangse sogenaamde komedies op Kyknet.
    Vallei van die sluiers is in ‘n klas van sy eie – puik, fantastiese spelers, asemrowende omgewing en goeie storielyn.

  • Anna Olivier

    Klaar voor my yskas gesit sodat ek nie 1ste episode
    mis nie – wonderlike kykgenot.

  • Hermien Swanepoel

    Sjoe, dis uitstekend. Ek het gedink die eerste reeks was die toppunt vir Afrikaanse sepies, en nou’s die volgende reeks op pad. Ek gaan definitief ook so ‘n aantekening maak om dit nie te mis nie. (Sien nogal uit na ‘n film oor die mense van die vallei!?)

  • Hannah

    Yeah! Afrikaanse reekse is voorwaar ‘n rare fees! kan ook nie wag nie, Ekondersteun defnitief al ons afrikaanse reekse en prente, en akteurs! Viva Afrikaans!

  • Sonja Delport

    Wat n fantasties reeks was dit nie!!!! Kan nie meer wag vir 19 April nie!!!!

  • Kobie

    Sien baie uit na die nuwe reeks, die eerste een was fantasties. Die reeks is duidelik in ‘n ander klas. Iets besonders!Veral die tema musiek – pragtig!

  • Andrew

    Die 1ste reeks was goed gewees. Ek woon in die buiteland, en wil net weet of daar nie n manier is om die 2de reeks te kan koop nie? Daar is niks lekkerder as goeie Afrikaans nie.

  • Rentia Botha

    Ek het die eerste reeks BAIE geniet. Kan nie wag vir die tweede een om te begin nie!!!

  • Marietjie Smit

    Die beste storie ooit! Kan nie wag vir die tweede reeks nie!

  • Moreen Hattingh

    Is daar nie dalk n storieboek Vallei van Sluiers, dit sal n wenner wees en ek sal een van die eerstes wees wat hom koop.
    Groete Moreen Hattingh

  • Nicolette

    Waar kan ‘n mens die temalied in die hande kry, wie se musiek is dit?? Ek sal baie graag as die persoon ‘n CD het dit wil gaan koop, dit is briljant en natuurlik die storie ook.

  • Matt

    Die Temalied is: Cavalleria Rusticana vir die lied kyk op youtube http://www.youtube.com/watch?v=7OvsVSWB4TI

  • Paul

    Die einde van die tweede reeks het met spyt aangebreek. Dis nou ‘n verdommenis en ek en vroulief hoop ons sal nie te lank hoef te wag vir ‘n derde opvolg nie. Sluiers is uitstekende vermaak.

  • Erna Swart

    Gaan daar nie nog ‘n reeks wees na die 2de een nie?,kan nie wag vir nog so’n uitstekende reeks nie!

  • Christine

    Kan nie meer wag vir die volgende reeeks nie! Hoe lank nog?

  • Eddie Chapman

    Did the writer of the second series see the first? Why you ask? Wel die veearts was in die eerste reeks, hy en Hannah het die begin van ‘n vehouding gehad totdat hy, tot Hannah se misnoe, verdyn het. Hy het saam met Charmaine gewerk en nou word hy weer aan haar voor gestel en hy hoor nou eers van JP en Hugo se dinge???? Markus het oorsee gegaan, bly om alles aan sy broer oor te laat en nou beskuldig hy sy broer van naalatigheid?? Boykie het nie vir JP by Hugo se hospitaal kamer erken nie maar hy was by die kuil en het op Hugo geskiet en Boykie was ook daar????

    Maybe a “SOUTIE” does not understand , Help asseblief