jak
Het jy gehoor?

Agter die skerms by Jak de Priester se nuwe musiekvideo

Die Afrikaanse sanger Jak de Priester se nuwe musiekvideo maak ons baie opgewonde. Nie net is hy en Brümilda van Rensburg daarin te sien nie, maar ook SARIE se eie fotograaf, Phyllis Green. 

Die video van “Tot die dood on skei” is op Jak se nuwe album Reis na gister, wat ook die naam van die kykNET-program is wat hy aanbied.

brumilda en jak

FOTO: Phyllis Green

Die aktrise en TV-aanbieder Beáte Opperman neé Olwagen speel die jonger weergawe van Brümilda. Beáte se man, John-Henry Opperman, is die regisseur. In die video is Phyllis die fotograaf wat vir Brümilda afneem.

Jak en Beáte speel ’n verliefde paartjie wat tragies deur die dood geskei word. Later in haar lewe wanneer sy groot sukses behaal het as aktrise dink sy steeds terug aan haar jong liefde.

Kyk die agter-die-skerms-video waarin onderhoude met Jak, Phyllis en Brümilda te sien is, en natuurlik ook ’n voorsmakie vir die musiekvideo.

 Lees ook