Het jy gehoor?

Agter die skerms met Andrea Streso

7de Laan se Danelle, oftewel Andrea Streso is ons voorbladgesig vir November en vandag kuier ons agter die skerms van die voorbladfotosessie van dié jong aktrise.

Andrea Streso deel ’n paar van haar gunstelinge en onthou-goed …

Kêrel

Vrydagaande maak ek en my kêrel, Hoffman van Zyl [’n prokureur], gewoonlik saam kos. Dis meestal pasta en ons drink ’n glas merlot.

FOTO: Verskaf aan SARIE

FOTO: Verskaf aan SARIE

Diere

Ek hou baie van diere en het as kind twee Salukihonde, Aysa en Bashir, gehad. Noudat ek uit die huis is en op my eie bly, het ek ’n wit-en-grys aanneem-kat, Merlot.

FOTO: Phyllis Green

FOTO: Phyllis Green

 

Blond

Dis vir my lekker om ’n blondine te wees. Ek sou nie sê ons het meer pret nie, maar ons staan uit.

 

 

 

Styl

My gunstelingkledingstuk is ’n beige top, hoewel ek dink swart pas my die beste. As ek nie weet wat om aan te trek nie, trek ek swart aan.

FOTO: Phyllis Green

FOTO: Phyllis Green

Trend

As iets ’n luiperdvelmotief het, is ek mal daaroor. Op skool het ek ’n paar ooptoon-hakskoene met so ’n motief gehad en dit gedra wanneer ek kon!

Plek

Port Elizabeth is my grootwordplek. Ek het spesiale herinneringe en mense daar.

Kos

As ek myself met iets soets wil bederf, val ek in by La Campagnola in Bryanston. Hulle het die beste suurlemoentert!

Andrea byna voorbladgereed. Grimeerkunstenaar Renton Wade (middel) tik die laaste grimering aan.

Andrea Streso

November 2014 andrea streso nov

Lees meer oor Andrea in die nuwe uitgawe van SARIE – nóú op die rakke!

 

 

 

Lees ook