Het jy gehoor?

Agter die skerms met Chantell

Chantell Stander

Chantell het vir byna 10 jaar die superfeeks Kimberley gespeel in die gewilde sepie Egoli. “Dit is altyd ‘n uitdaging om só ‘n rol te vertolk,” sê sy. “Daar was kykers wat nie kon onderskei tussen my en die karakter wat ek gespeel het nie!”

Chantell Stander

Die mooiste herfsdae in Johannesburg was die perfekte agtergrond vir Chantell se fotosessie. Die buitefoto’s is geneem by Delta-ark in Victory Park, Johannesburg.

Chantell Stander

Laventel is kalmerend en een van Chantell se gunstelinge. Sy het juis ‘n takkie in die tuin by fotograaf Leana Clunies-Ross se ateljee gepluk. Chantell is ‘n opgeleide terapeut in natuurlike gesondheid.
Grimering is belangrik vir ‘n fotosessie. Ook hare. Vir volume soos Chantell se hare, probeer die Paul Mitchell Flexible Style Sculpting Foam (R245). Dit ruik boonop soos klapper!

Michelle Pfeiffer

Sy het dieselfde klassieke, volwasse voorkoms as Michelle Pfeiffer. Hulle probeer nie jonger lyk as wat hulle is nie en dís juis wat hulle so tydloos en modern maak

– so sê SARIE se voorblad-stileerder, Fanie Cronjé.

In die Junie-uitgawe praat Chantell oor haar jong kêrel en haar lewe ná Egoli. Hier’s ‘n video uittreksel.