Donnalee Roberts Maart 2015
Het jy gehoor?

Agter die skerms met Donnalee Roberts PLUS al haar gunstelinge

“Ek wil gerespekteer wees as skrywer, vervaardiger en aktrise – eerder as wat ek bekend wil wees,” sê ons Maart-voorbladgesig. Dit maak seker nie seer dat sy óók populêr is nie. Ons kuier saam met Donnalee Roberts praat agter die skerms en sy vertel ons oor haar gunsteling ditjies en datjies.

’n Hoëveldse storm met wind en reën het dié aktrise tydens ons fotosessie allesbehalwe
gepla. Inteendeel, vir haar was dit pure inspirasie en speelse energie.

FOTO: Phyllis Green

FOTO: Phyllis Green

Oscars

Ek kyk dit graag! Ek hou nogal van die toesprake en waardeer die erkenning wat goeie rolprente kry. Maar ek geniet veral die rooitapyt-opwinding en glans.

My styl

As ek geweet het ek gaan ’n kimono dra, sou ek my eie ook saamgebring het. Ek het ’n
hele klomp by die huis.

FOTO: Phyllis Green

FOTO: Phyllis Green

Vanielje

Ek is mal oor enigiets met ’n vanieljegeur – kerse, seep, lyfroom en gevriesde jogurt.

Oefening

Ek is natuurlik maer, maar vir oefening spring ek trampolien.

Blou

Ek is 100% ’n blou mens, dis my gunstelingkleur. Ek is ook mal oor water. As ek moet kies bos, die berge of see, wen see. Water maak my kalm.

FOTO: Phyllis Green

FOTO: Phyllis Green

Fliek

Die Oscars se Birdman het ’n indruk op my gemaak met sy diepte, humor, puik toneelspel en dinamiese kamerawerk.

Birdman

Balans

Balans is belangrik in my lewe. As ek ’n pizza wil eet, dan doen ek dit. Daar is geen rede om ’n week skuldig te voel daaroor nie. Geniet dit net.

My hare

Dis die eerste keer dat ek my hare so lig dra – dis ’n hele proses. Die afgelope jaar al gaan ek ’n bietjie ligter en ligter. As jy te vinnig jou hare blond maak, breek dit.

FOTO: Phyllis Green

FOTO: Phyllis Green

Volgende jaar

My hare word gekleur vir my en Ivan Botha se nuwe fliek Vir Altyd. Dit word op
Mauritius geskiet en volgende jaar uitgereik.

Boeke

Ek is lief vir lees en was hartseer toe ek besef ek het verlede jaar net een boek
gelees, Gone Girl (nou benoem vir ’n Oscar). Dis ’n riller wat jou heeltyd verras en
vasgenael hou.

Gone girl

Lees die onderhoud met Donnalee in die Maart-uitgawe van SARIE – nóú op die rakke!

Lees ook