FOTO: Leana Clunies-Ross

FOTO: Leana Clunies-Ross

Het jy gehoor?

Agter die skerms met Oscar en sus Aimée

“Oscar en Carl (haar ander broer) behandel my soos ’n prinses. Ons drie is baie na aan mekaar” – Aimée

Daar's 'n spesiale band tussen Oscar en sy suster

Die tatoe op Oscar se rug, 1 Korintiërs 9:26, wat begin met: Ek hardloop dan ook soos een wat nie van sy doel onseker is nie …

Oscar se tatoe van 1 Korinthiërs 9:26

Oscar: Op my verjaardag op 22 November maak Aimée en Carl my gewoonlik met ballonne wakker. Verlede jaar was ons almal te besig, maar Aimée het steeds vir my ’n koek gebak!
Aimée: Ek bak elke jaar vir hom ’n koek. Dis ’n brownie-koek, ’n spesiale resep van my ma.

Fanie stileer Aimée se klere

SARIE se styl- en sosiale redakteur, Fanie Cronjé stileer Oscar se klere vir die fotosessie

Saam met die poedel Maxi. Oscar is mal oor honde en het ’n boelterriër, Enzo, en ’n Amerikaanse veghond, Syla.

Oscar met die poedel Maxi

“Blou oë is nog blouer met skakerings van bruin,” sê Lesley Whitby, die grimeerkunstenaar op dié fotosessie. Geen wonder Aimée se blou oë is een van die eerste dinge wat jy op ons voorblad raaksien nie!

Aimée se grimering word gedoen

“Oscar se styl is ‘edgy’, maar nie uitspattig nie” – Fanie Cronjé, SARIE se styl- en sosiale redakteur

Oscar het glo A*men begin gebruik jare voordat hy die gesig van dié mansgeur geword het.

Oscar se A*Men-advertensie

Oscar teken aandenkings, ook vir die fotograaf Leana Clunies-Ross, “omdat hy my laat glo niks is onmoontlik nie. Hy is een van die mooiste mense wat ek al afgeneem het.”

Oscar deel handtekeninge uit

  • denise kriel

    hy is pragtig in alle opsigte

  • leni

    My seuns 4 &9 vind hom ‘n rolmodel!

  • Rene Marais

    Oscar is ‘n pragtige mens, in alle opsigte! Ek het die grootste bewondering vir hom. Sy sussie is pragtig, wat ‘n gedugte span maak hulle nie!! Hou so aan Oscar, die hele Suid-Afrika is trots op jou, en as hulle nie is nie, is daar beslis iets met hulle fout.Run the race until the end!! Aanhou en sterkte!!