IMG_7705
Het jy gehoor?

Agter die skerms by Nico Panagio se nuwe fliek, Konfetti

Troukoors het die Suid-Afrikaanse filmbedryf getref die nuwe komedie Konfetti. Ons kyk wat die sterre van dié fliek soos Louw Venter, Nico Panagio, Casey B. Dolan, Kim Engelbrecht, Casper de Vries, Christel van den Bergh en Jana Strydom agter die skerms aangevang het.

Waaroor gaan Konfetti?

Jean (Nico) en Sheryl (Casey) gaan trou. Hy is Afrikaans, sy Joods. Daar is maar spanning tussen die families en boonop het die strooijonker (Louw) vriende met die drankbottel gemaak en vergeet om die trou-orkes te bevestig.

In desperaatheid vind hy die eerste sanger (Kim) wat beskikbaar is. Groot fout! Dié is die bruid se vyand en vinnig verander die groot dag in ’n groot gemors.

Dié fliek beloof om jou nie nét te laat lag nie, maar ook te laat huil. Ons kuier agter die skerms op die stel van dié snaakse fliek.

IMG_5666 IMG_7705

medium res for PR021

Groot nuus!

Konfetti is gekies om by die Beverly Hills- én die Julien Dubuque internasionale filmfeeste te speel. Die regisseur en vervaardiger van Konfetti,  Zaheer Goodman-Bhyat, sê oor dié eer: “Ek is baie trots op almal wat betrokke was om Konfetti te maak … Dis ’n groot oomblik vir ons, vir Afrikaans en vir Suid-Afrikaanse films.”

Konfetti begin 18 April in teaters draai. Kyk hier na die lokprent: