sy klink soos lente

FOTO Werner Botha van Plastiek

Het jy gehoor?

Agter die skerms op die Sy klink soos lente-stel

SARIE se styl- en sosiale redakteur, Fanie Cronjé, het onlangs op die stel van Sy klink soos lente gaan kuier en die akteurs en filmspan het besluit om vir SARIE.com-lesers ’n agter-die-skerms-kykie na die film te gee.

Die akteurs en filmspan moes vir weke deurnag van 17:00 – 05:00 skiet en het intussen klaar verfilm.

Sy Klink Soos Lente is ’n eiesoortige romantiese komedie. ’n Motorwerktuigkundige loop sy baas se dogter in ’n kroeg raak. Onkant gevang deur haar sjarme, vertel hy haar hy’s in ’n band. Hy en sy vriende van die werkswinkel is dan natuurlik genoodsaak om werklik ’n band te begin in ’npoging om haar hart te wen.

Groot name soos Amalia Uys, Stiaan Smith, Bennie Fourie, Wilson Dunster, James Cunningham, Darren Kelfkens, Bouwer Bosch en Tina Kruger is in die rolverdeling.

SARIE is ’n trotse mediavennoot van dié projek.

Kyk na Bouwer Bosch se sneak peek.

Amalia Uys op die stel van Sy klink soos lente

Bennie Fourie

Bordeaux Augustyn

Corné van Rooyen

Lees DEEL 2 hier