Het jy gehoor?

Agter die skerms saam met Donnalee, Hykie

Groot drome, groot liefde, en groot moeilikheid

“Die fliek het ongelooflike hart en siel,” sê Donnalee.

“Dit laat jou weer glo aan die grootheid van drome. Soos, as jy jou ware liefde ontmoet, iemand wat soos jy voel, dan bestaan daar byna nie ‘n groter droom. Dít is die groot tema van die fliek – dat jou drome kan waar word. Die manlike hoofrol word deur ‘n nuweling, Tim Theron, gespeel.”

Vir die regisseur van Klein Karoo, Regardt van den Bergh, het Donnalee net lof: “Hy het ʼn hart vir akteurs. En jy kan sien hoe mooi hy met die mense werk.”

Ander spelers sluit in Anel Alexander, Leandie du Randt, Hykie Berg en Amalia Uys, Donnalee se 7de laan-kollega en vriendin, het ook ’n rol.

Klein Karoo word in Februarie 2013, net betyds vir Valentynsdag, uitgereik.

Besoek Klein Karoo se Facebook-blad vir meer inligting.

Hier’s ‘n kykie agter die skerms:


  • M. Prinsloo

    Lyk na pret! Sal dit verseker gaan kyk.

  • Eureka – Lupus Freak

    Uit die boonste rakke!!! Kan nie wag nie, Eureka