FOTO Leana Clunies-Ross 
In SARIE se Februarie 2013-uitgawe

FOTO Leana Clunies-Ross In SARIE se Februarie 2013-uitgawe

Het jy gehoor?

Aimée Pistorius gesels

In die Augustus-uitgawe van SARIE vier ons vroue, van ons nuwe voorblad tot ons Laaste sê. Ontmoet hulle: akteurs, ma’s, atlete, avonturiers, aktiviste, dokters, susters, sjefs, entrepreneurs, skoonheidskoninginne, voorbladgesigte, fotograwe. Saam met duisende ander vroue inspireer hulle ons. Hulle is soos Maya Angelou sê, fenomenaal!

Vroue se magic lê in die son van ons glimlag en die vuur in ons oë; in die dans van ons voete en die grasie van ons styl. Dit skuil in die uitreik van ons arms en die behoefte aan ons sorg. Só sê digter Maya Angelou in haar gedig “Phenomenal Woman”.

Een van die vroue waarmee ons gesels is Aimée Pistorius. Hier volg ’n kort uittreksel van dié onderhoud.

 

Haar noue band met haar broer die Paralimpiese atleet Oscar Pistorius was welbekend, maar sy het haar staal gewys deur die lang maande van sy hofsaak ná die dood van sy vriendin, die model Reeva Steenkamp.

Van 3 Maart tot 12 September 2014 was Aimée elke dag in die hof, ondanks die feit dat sy nie van die kollig of media-aandag hou nie – en dat sy dit nie kan verduur om bejammer te word nie.

“Ek was nog altyd gelukkig om sterk, ondersteunende, liefdevolle en inspirerende vroue in my lewe te kon hê. My ma, Sheila, háár ma, my ouma Joyce, my ouma Gertie en tantes en niggies. My ma was een van my grootste bronne van inspirasie en het my altyd aangemoedig om my bes te doen en om te sien na ander.”

AUG cover nuwe mashoof Diaan lawrenson en Desiré gardner augustus 2015Lees die volledige onderhoud met Aimée PLUS 50 ander vroue se stories in die Augustus-uitgawe van SARIE PLUS kry 1 van 4 lipstiffies!

Jy kan ook dié uitgawe digitaal aflaai. Klik HIER om op jou rekenaar, tablet of slimfoon te lees.