FOTO: Barbie-webtuiste

FOTO: Barbie-webtuiste

Het jy gehoor?

Aitsa, Barbie kry kurwes!

Met haar spinnekopbene en broekspype so nou, nie eens jou pinkie kan daarin pas nie, het Barbie se vietse lyfie dikwels meisies vervreem. Maar nou het dié ikoniese pop kurwes, kort bene en rooi hare gekry.

In ’n poging om Barbie se identiteit meer divers te maak, het die speelgoedmaatskappy Mattel besluit om haar in sewe kleure uit te bring. Sy sal ook 24 verskillende oogkleure en 24 verskillende haarstyle hê. En haar vietse lyf? Barbie gaan nou in vier verskillende lyftipes uitkom: kurwes, petite, lank en oorspronklik.

Met dié nuwe evolusie het Barbie sommer op die voorblad van Time beland!

What a humbling moment for #Barbie and this is just the beginning… #TheDollEvolves #barbiestyle

A photo posted by Barbie® (@barbiestyle) on

En selfs Barbie sukkel nou om die perfekte selfie te neem 

New friends, new perspectives!#TheDollEvolves #barbie #barbiestyle

A photo posted by Barbie® (@barbiestyle) on

 

Kyk hoe lyk sy nóú

Oorspronklik

Kurwes

Petite

Lank

Lees nou