FOTO: Kensington Palace/Twitter

FOTO: Kensington Palace/Twitter

Het jy gehoor?

Aitsa, Kate Middleton word Marilyn Monroe!

Die Cambridges is nou in Indië vir ’n koninlike besoek. En die wêreld wag vir ’n foto van die hertog en hertogin voor die Taj Mahal, die plek waar die ikoniese foto van ’n eensame prinses Diana, alleen op ’n bankie, 24 jaar gelede geneem is. Intussen verlustig ons ons in Kate se pragtige uitrustings – op dag twee het ’n wit rok van $3 000 (sowat R44 000) die kollig gesteel.

Terwyl Kate en William in India Gate, New Delhi, rondgestap het, het ’n skielike briesie haar Emilia Wickstead-rok opgelig en vir ’n ikoniese Marilyn Monroe-oomblik gesorg.

In 1954 het die fotograaf Sam Shaw ’n foto op die stel van The Seven Year Itch geneem, waar Marilyn se wit rok opgewaai word. In die toneel staan Marilyn se karakter oor ’n lugtonnel van die moltreinstelsel. Wanneer die trein onder verbybeweeg, vlieg haar rok op en sy sê: “Isn’t it delicious?”

Seven_year_itch

Die ikoniese foto van prinses Diana

Kate se asemrowende uitrustings in Indië.

Dag 1

Dag 2

Bronne: Biography, Vanity Fair, Daily Beast

Lees nou

34 kere wat Kate Middleton se styl gewen het – op haar 34ste verjaarsdag

FOTO’S: Kate Middleton se 11 mooiste aandrokke