FOTO: Instagram katyperry

FOTO: Instagram katyperry

Het jy gehoor?

Katy Perry en Orlando Bloom saam

Lank reeds wonder ons of die popsanger Katy Perry en die Britste akteur Orlando Bloom ’n paartjie is. Hulle was al saam op ’n tropiese vakansie en het “skelm” gesoen onder die wakende oog van die paparazzi. 

Steelfoto’s van die twee wat saam op Kauai in Hawaii vakansie hou, het onlangs op Entertainment Tonight verskyn.

Nie Katy of Orlando het al hul verhouding bevestig nie. Maar wanneer die paartjie ’n kamera sien, vermy hulle mekaar. Wie kan hulle blameer? Dis immers nie maklik om ’n verhouding in Hollywood te laat werk nie.

Die tweetjies het ook by die Golden Globes se partytjie saam gekuier.

Orlando was voorheen met die Australiese model Miranda Kerr getroud en hulle het ’n 5-jarige seuntjie, Flynn. Hulle is 2013 geskei. Katy was ook voorheen getroud, met die Britse komediant Russell Brand, maar is in 2012 geskei.

Orlando saam met sy eksvrou, Miranda, in 2013

Lees nou