FOTO: Mario Testino 
Instagram kensingtonroyal

FOTO: Mario Testino Instagram kensingtonroyal

Het jy gehoor?

Aitsa, prins George ontmoet die Obamas!

Op sy hobbelperdjie en in sy nagklere het klein prins George gister die Amerikaanse president, Barack Obama, en sy vrou, Michelle, ontmoet. Maar wat die prins nóg meer opgewonde gemaak het, is dat hy later as gewoonlik kon wakker bly.

Die hertog en hertogin van Cambridge, prins William en Kate, het ’n gesellige ete vir die Obamas gehou by hul woonstel in Kensington-paleis. Prins Harry was ook daar, maar prinses Charlotte was reeds vas aan die slaap toe die Amerikaners daar aankom.

FOTO: Instagram / @Kensingtonroyals

FOTO: Instagram / @Kensingtonroyals

Prins George het op sy hobbelperdjie geklim en toe sommer die geleentheid benut om vir die president dankie gesê vir dié speelding, wat die Obamas destyds met sy geboorte vir hom gegee het.

FOTO: Instagram/@Kensingtonroyals

FOTO: Instagram/@Kensingtonroyals

FOTO: Instagram / @Kensingtonroyals

FOTO: Instagram / @Kensingtonroyals

Koningin Elizabeth het Donderdag haar 90ste verjaarsdag gevier. En gister het prins Philip (94) die voertuig bestuur wat vir koningin Elizabeth en die Obamas tot by die ingang van die Windsor-paleis geneem het, waar hulle middagete geniet het. Die Obamas het per helikopter op die paleis se perseel geland, maar prins Philip was agter die stuur van die Land Rover wat hulle gaan verwelkom het.

Embed from Getty Images

Lees nou