FOTO LA Confidential

FOTO LA Confidential

Het jy gehoor?

Dié bekendes is wéér in die skeihof

Die Vantage Point-akteur Dennis Quaid en sy vrou Kimberly Quaid beland wéér in die skeihof! Dit is die tweede keer binne 12 jaar dat die paartjie aansoek doen om te skei, berig TMZ.

Die 62-jarige akteur se vrou het onlangs vir ’n tweede keer aansoek gedoen om van hom te skei. Die rede vir die egskeiding is glo onversoenbare verskille. Dennis het aan TMZ gesê dat hulle twee steeds goeie vriende ná die egskeiding sal bly. Die paartjie het ’n agtjarige tweeling saam, Zoe Grace en Thomas Boonie.

Dit is Dennis se derde huwelik. Sy tweede huwelik met die “When Harry met Sally”-aktrise Meg Ryan het groot opslae gemaak. Hulle was vanaf 1991 tot 2001 getroud en het ’n 24-jarige seun, Jack Quaid, uit die huwelik. Dit is later onthul dat beide Dennis én Meg buite-egtelike verhoudings gehad het, berig US Weekly.

Jack, ook ’n akteur, het in 2012 sy debuut as die karakter Marvel in “The Hunger Games” gemaak.

 

Dit is nie ál glanspaartjie wie se paadjies skei nie. Lisa Marie Presley het ná ’n huwelik van 10 jaar aansoek gedoen om van haar man, die musikant Michael Lockwood te skei, berig Channel24.

Lisa Marie en Michael het in 2006 getrou en het sewejarige tweelingdogters uit die huwelik. Die rede vir hul egskeiding is glo onversoenbare verskille. Dis haar vierde huwelik.

Maar dit is nie ál Michael met wie Elvis Presley se dogter al getrou het nie! Sy was voorheen getroud met die “koning van pop-musiek” Michael Jackson en ook met die City of Angels-akteur Nicolas Cage.

Bronne:  TMZUS WeeklyChannel24.

Lees nou

Julio Iglesias in syfers

Nicole Kidman se ewebeeld

asKelly Osbourne se nuwe liefde!