23first
Het jy gehoor?

Akteur Dev Patel se verhouding verby

Akteur Dev Patel (24) en sy meisie, aktrise Freida Pinto (30), se 6 jaarlange verhouding is verby. Só berig Mail Online. Hulle het in 2008 op die stel van Slumdog Millionaire ontmoet en ‘n verhouding aangeknoop.

‘n Bron het verklap dat hul verhouding glo al vir ‘n ruk verby is. Die 30-jarige Pinto is glo gelukkig ná die verbrokkeling van haar verhouding en was al op ‘n paar ander afsprake wat vriende vir haar reël. Dev was ook nie by haar 30ste verjaardagpartytjie in Oktober vanjaar nie.

dev-patel-and-freida-pinto-on-people-magazine

Patel en Pinto in gelukkiger dae

Nóg ‘n Hollywoodskok het dié week gekom toe Kate Hudson en Matt Bellamy hul verlowing verbreek het.