sr0907hoetjygevoel_5_
Het jy gehoor?

Akteur Erik Holm en sy suster maak ‘n avontuurprogram

Ek voel die sterre is my grense. Wat is die ergste wat nog met my kan gebeur?” spot Erik Holm, wat die naweek saam met sy suster, Nike, aan ‘n avontuurprogram, Quadventures, begin skiet.

Erik het drie jaar gelede sy nek in ‘n duikongeluk gebreek, maar hy het niks van sy lewenslus verloor nie.

“Die idee is basies om ‘n informatiewe en eksperimentele baanbreker-program te skiet wat wys dat ‘n kwadrupleeg se lewe nie verby is nie,” sê hy. Nike is die aanbieder en hy die avonturier/proefkonyn vir die program.

“Ons sal nou nie onverantwoordelike goed aanvang nie, maar ek word kop eerste in verskeie waaghalsige aktiwiteite ingeboender. Ons wil kyk wat is alles moontlik (en nie) vir ‘n kwadrupleeg!”

Sedert hy Maandag op Facebook aangekondig het hy en Nike maak die program en hulle het al die hulp nodig wat hulle kan kry, is hulle oorval deur aanbiedinge.

Die Facebook-aankondiging het onder meer gelui:

“Omdat hierdie ‘n unieke program en ‘n eerste op soveel vlakke is, het ons unieke behoeftes: Enigiets! Blikkieskos, klere, corporate sponsorships, tax write-offs, petrol, wegneem-etes, absoluut enige hulp asook voorstelle en idees is welkom! As daar geen ander uitweg is nie, is sakke vol koue, harde geld ook baie welkom.”

Erik en Nike is saam al ‘n bekende gesig ná sy ongeluk, aangesien sy haar broer help versorg. Hulle is twee vrolike, lewenslustige mense. Erik noem homself “Mister E” en vir Nike “Suster Sista”.

“Ons gaan die program vol pret en avontuur aanpak, maar mense beslis bewus maak van die beperkings en uitdagings van ‘n kwadrupleeg.”

Erik beplan onder meer om te skubaduik, valskermspring, ‘n viertrekmotorfiets te ry, te brugswaai, perd te ry en selfs “om my eie broek aan te trek!”.

Mense wat die span wil help of betrokke wil raak, kan 076 335 4262 bel of ‘n epos stuur na calamitykid@gmail.com.

“Ons Quadvontuurlustiges gaan rock n roll!” sê Erik.

* Lees die raad wat Erik vir Mathys Roets gehad het ná sy motorfietsongeluk verlede jaar.

* Kyk na ‘n vorige Kwêla-onderhoud met Erik ná sy ongeluk.

  • eeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeemilyyyyyyyyyyyyyyyyyyyyyyyyyyyyyyyyyyyyyyyyyyyyyyyyyyyyyyyyyyyyyyyyy

    j is lelik