sr1105hykie_3_
Het jy gehoor?

Akteur Hykie Berg terug by Binnelanders!

Ná vyf jaar is Hykie Berg terug by die kykNET-sepie Binnelanders. En vanaand klim hy weer in die karakter van Conrad Bester, At Koster se seun. Kykers weet sommer met Conrad in die prentjie kan daar net moeilikheid kom!

“Dis wonderlik om terug te wees by die Binneland-familie. Ek geniet dit om weer in Binnelanders te speel en is baie lief vir Elsjé [Stark]-hulle. Conrad is mos maar ’n bliksem! Hy was nie eens op Malan (sy TV-broer gespeel deur Paul du Toit)  se begrafnis nie,” het Hykie aan Fanie Cronjé vertel. “Nou is ek die enigste van die Koster-nageslag wat nog leef. En iemand moet die hospitaal oorneem.”

Hykie het destyds die sepie verlaat nadat hy in 2011 M-Net se Survivor gewen het.

Hykie kap 'n kosbare kokosneut oop: die klapper is vir eet en die melk vir drink FOTO: M-Net

FOTO: M-Net

Maar terwyl Conrad nog enkellopend is, is Hykie al vir byna 3 jaar gelukkig getroud. Hy is op 27 April 2013 met Melissa Jacobs (30), ʼn projekbestuurder van Pretoria, getroud. Sy is ʼn skopbokser wat ons land in verskeie toernooie verteenwoordig.

“Dis vir my en Melissa ook goed dat ek nou weer die sekuriteit van ʼn vaste werk het.”

FOTO: Verskaf

FOTO: Verskaf

Hy is vanaand ook om 20:00 te sien in Die geur van appelkose, saam met Jacques Bessenger, Reine Swart en Sandra Vaughan. Dit is die twaalfde film in Ons stories,  ʼn reeks kortstories op kykNet & Kie.

  • Binnelanders word weeksaande 19:30 op kykNet uigesaai.
  • Ons stories word Woensdag om 20:00 op kykNet & Kie gewys en word Saterdae om 12:00 herhaal.

Lees nou