FOTO: Instagram

FOTO: Instagram

Het jy gehoor?

Akteur Jamie Foxx is toe wragtig Superman!

Die akteur Jamie Foxx is nie net ’n held op die silwerskerm nie, maar hou hy sy lyf in die regte lewe ook Superman.

Jamie het Maandag ’n 32-jarige man uit ’n brandende bakkie in Kalifornië, VSA, gered. Die bestuurder, Brett Kyle, het te vinnig gery en skielik beheer oor sy voertuig verloor. Brett het ’n slaggat getref, die bakkie het ’n paar keer gerol en toe aan die brand geslaan, berig CNN.

Die brandende bakkie. FOTO: Twitter

Die brandende bakkie. FOTO: Twitter

Die ongeluk het voor die Oscar-wenner se huis gebeur. Jamie het die nooddienste gebel en onmiddellik na die bakkie toe gehardloop. ’n Gillende Brett was steeds binne-in. “Ek het net vir hom (Brett) gesê: ‘Jy gaan my nou moet help om jou hier uit te kry, want ek gaan jou nie los nie. Kyk, hier is oral engele om jou. Ek sal jou nie los nie.’ Dit het als so vinnig gebeur,” het Jamie aan CNN vertel.

Jamie het net betyds vir Brett uit die bakkie gekry. Teen die tyd dat die brandweerspan opgedaag het, was die bakkie toe onder die vlamme.

SKERMGREEP: CBSN

SKERMGREEP: CBSN

Maar Jamie sien homself nie as ’n held nie.

“Ek is nie ’n held nie, maar het net iets gedoen wat enige mens sou doen.”

Al is Brett gearresteer omdat hy onder die invloed bestuur het, het Jamie steeds Brett se pa ontmoet. Die verligte pa het vir Jamie persoonlik by sy huis bedank. Die akteur het hom toe ingenooi en vir ’n hele uur gesels.

Hy het dié ontmoeting op sosiale media gedeel:

Bronne: CNN

Lees nou

Só lyk Rolene se nuwe webtuiste