TMAM13_COVER_TM5_MEDIA_MAILER_POLY_NEWSSTAND [PRNT].indd
Het jy gehoor?

Die rede vir akteur Michael J. Fox se alkoholprobleem

Toe dié akteur in 1991 met Parkinson se siekte gediagnoseer is, was hy só platgeslaan dat hy na drank gedraai het.

Dié 52-jarige akteur het onlangs in ’n radio-onderhoud erken dat hy ’n drankprobleem ontwikkel het as ’n manier om sy diagnose te verwerk. “Ek het gewoonlik net by spesiale geleenthede iets gedrink, maar toe begin ek alleen drink – élke dag.”

Hy het besluit om vir sielkundige berading te gaan, sodat hy op die regte manier sy diagnose kan verwerk. “Dit was ’n baie rowwe tyd en ek het nie die nodige ‘gereedskap’ gehad om die siekte te verwerk nie,” het hy gesê. “Maar nadat ek vir terapie gegaan het, kon ek daarmee begin vrede maak. Ek moes ook leer dat dit met ‘n doel vir my gegee is, en ek aanvaar dit nóú so.”

Michael het nie dat sy siekte hom terughou nie. Hy het aanhou werk in die televisie- en filmbedryf. Hy het ook onlangs sy eie sitkom The Michael J. Fox Show bekendgestel.

FOTO: NBC

FOTO: NBC.com

Michael bewys met dié sitkom dat mense met Parkinson se siekte ‘n normale lewe kan lei. In dié program speel hy Mike – ‘n pa wat aan Parkinson se siekte ly en dit geniet om sy toestand tot sy voordeel te gebruik nadat hy as nuusleser afgedank is. Dít lei natuurlik tot baie komiese situasies.

Die eerste episode het gister op die Amerikaanse kassie gewys en het positiewe reaksie uitgelok.

Kyk hier na die lokprent van The Michael J. Fox Show

Bron: International Design Times

  • Gaynor Paynter

    I would love to see this show on SABC and have written to SABC to ask for it. Please could everyone do the same!