FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Akteur Ryan Reynolds praat oor pa se stryd met Parkinson se siekte

Die 38-jarige akteur Ryan Reynolds het onlangs oor sy pa se stryd met Parkinson se siekte gepraat.

Dié aantreklike akteur, wie se vrou, Blake Lively, hul eersteling verwag, het op die Today Show gesê dat sy pa, Jim, al 20 jaar aan Parkinson se siekte ly.

“Hy is deel van ’n trotse generasie en praat nie baie hieroor nie. Maar hy het dit (die siekte se naam) seker al so een of twee keer hardop gesê,” het Ryan gesê.

Volgens Ryan het sy pa se siekte hul gesin net nader aan mekaar gebring.

Jim was op sy dag ’n polisieman en bokser.

Ryan is ook nou betrokke by die stigting van die akteur Michael J. Fox, wat ook aan Parkinson se siekte ly, om geld vir dié siekte in te samel.

Ryan (regs) is nou ook een van die direkteure van Michael J Fox (middel) se stigting wat geld vir Parkinson se siekte insamel. Links sit Willie Geist van die Today Show FOTO: Instagram  @michaeljfoxorg

Ryan (regs) is nou ook een van die direkteure van Michael J. Fox (middel) se stigting wat geld vir Parkinson se siekte insamel. Links sit Willie Geist van die Today Show
FOTO: Instagram @michaeljfoxorg

Bron: Daily Mail

Lees ook