FOTO: Stian Bam

FOTO: Stian Bam

Het jy gehoor?

Akteur Stian Bam word pa

Hy is “so pragtig”, sê Stian van die kleine Hendrik Johannes Jacobus, of sommer net Jannes, sy oupa se name. Hy is ’n maand en ‘n half gelede gebore, vier weke te vroeg en met ‘n nood-keisersnee ná komplikasies met die swangerskap. 

Jannes was so pas ‘n week in die hospitaal nadat hy “grieperig” was, maar is nou weer “fine”, sê sy pa. Truda, die trotse ma, is “heeltyd besig met borsvoed en winde uitvryf”. Stian sê hy “maak hom aan die slaap en dis baie lekker”.

Stian is in die KykNET-drama Vloeksteen te sien en in September is hy in drie toneelstukke by die Aardklop-kunstefees te sien.