Tim Theron en Juanli FOTO: Facebook

Het jy gehoor?

Akteur Tim Theron se dogter is op pad!

Die akteur Tim Theron en sy vrou, Juanli, verwelkom binnekort hul eersteling en die opwinding is groot, vertel Tim aan SARIE.com.

Die Klein Karoo-akteur se vrou word nou by die teater ingestoot vir ‘n keisersnee. Tim verklap dat dit ’n dogtertjie is en hulle haar Sophia gaan noem.

Tim sê hy dink hy gaan senuagtig giggel en in trane uitbars as hy Sophia vanmiddag die eerste keer vashou.

Ons weet nog nie hoe sy lyk nie, wie sy is nie, maar ons is reeds lief vir haar.

FOTO: Verskaf aan SARIE.com

FOTO: Verskaf aan SARIE.com

Gaan Tim, soos Robbie Williams, sy vrou laat ontspan met grappies?

Kyk HIER hoe Robbie sy vrou rustig gehou het voor die geboorte van hul tweede kind.

“Juanli is op die oomblik rustig. Maar ek sal seker myself wees en simpel grappies maak en haar laat lag. Dis my tegniek om haar te laat ontspan.”

En hoe gaan die toekomstige pa homself kalm hou tydens die keisersnee? “Ek gaan net vir Juanli kyk. Ek sal nie die operasie kan hanteer nie en wil nie dit sien nie. Ek gaan net vir haar gesig kyk.”

Ons sien so uit om die eerste foto van Sophia te sien!

*Tim is ook in die nuwe opwindende Afrikaanse film Mooirvier. Lees meer oor dié film HIER.