f1g930w24vs11f9v
Het jy gehoor?

Aktrise Amanda Peet kry ’n babaseun op 42

Op 7 Desember het die Something’s Gotta Give-aktrise Amanda Peet geboorte geskenk aan ’n babaseun – dít ‘n maand voor haar 43ste verjaarsdag.

Sy en haar man, David Benioff (44), die uitvoerende vervaardiger van Game of Thrones, was in 2010 onseker oor of hul nog ‘n kind wou hê, en toe 4 jaar later is Henry Peet Friedman gebore. Sy sussies Frances (7) en Molly (4) is ewe opgewonde.

By vanjaar se Emmy-toekennings het ‘n hoogswanger Peet in hakke rondgeloop, en verklap dat sy hulle baie graag eerder wou uittrek…

En in 2015?

Peet gaan aan ‘n nuwe romantiese komedie, Sleeping with Other People werk. En hoewel Game of Thrones vir David gaan besig hou, het hy pas opdrag gekry om die draaiboek van Stephen Hunter se roman Dirty White Boys te skryf.

Wat dink jy? Is 43 te oud om kinders te kry? 

Nóg bekendes wat ná 40 kinders gekry het

  • Halle Berry
  • Alyssa Milano
  • Julianne Moore
  • Eva Mendes
  • Gwen Stefani
  • Salma Hayek