Het jy gehoor?

Aktrise Brittany Murphy sterf op 32

Nuus24 berig dat aktrise Brittany Murphy (32) vroeg Sondagoggend (20 April 2009) aan ‘n hartaanval oorlede is. Murphy se ma het dié ster Sondagoggend bewusteloos in die stort in haar man, Simon Monjack se huis in Los Angeles aangetref, het TMZ.com berig.

Murphy was bekend vir haar rolle in films soos Little Black Book en Sin City. Sy en Monjack is in 2007 getroud en in 2006 was sy 36ste op die tydskrif FHM se lys vir die wêreld se 100 sexyste vroue.

Lees die huldeblyke van mede-akteurs op Twitter.