Het jy gehoor?

Kelly Osbourne deel haar geheim vir dun middeltjie: ‘n Hulahoep!

Kelly Osbourne doen dit vir net 10 minute ’n dag om haar kurwes in plek te hou. En sy gebruik iets wat in die speelgoed-afdeling van die supermark te koop is…

Kelly volg die nuutste fiksheidsgier: Die Hula-hoep. Sy het getwiet dat sy in 5 dae 5 cm om haar middel afgeskud het. Sy hoelahoepel slegs 5 minute in die oggend en 5 minute saans as deel van haar oefenroetine.

Kelly Osbourne kry haar middeltjie deur te hoelahoepel

Kelly, het as ’n tiener op haar rock-ster ouers, Ozzy en Sharon se realiteitsreeks, The Osbournes, kritiek gekry vir haar mollige lyf. Nadat sy begin het om gewig te verloor, het sy haar kleiner figuur vir byna vier jaar behou met haar onkonvensionele oefenprogram.

Hoelahoepel is ’n vinnige, speelse en effektiewe oefening omdat dit jou rug, maagspiere, arms én bene oefen.

Die Daily Mail berig dat hoelahoepel tot 7 kalorieë per minuut kan verbrand – dieselfde hoeveelheid kalorieë wat jy in ’n boot camp-klas kan verbrand!

Die tydskrif Self beveel aan dat jy ’n Hula-hoep gebruik wat swaarder gemaak is om nóg meer kalorieë te verbrand. Die sirkelvorm wat jou ribbekas maak, gee ook vir jou meer energie.

Ander sterre wat hul uurglas-figure kry deur te hoelahoepel is Beyoné, Liv Tyler, Marisa Tomei, Ellen DeGeneres en Michelle Obama.  

Michelle Obama hoelahoepel ook vir haar figuur

[box:full:red:both]

Hoe maak jy hoelahoepel deel van jou fiksheidsroetine?

[/box]

  • Kies ’n Hula-hoep wat as dit op die grond staan, tot by jou middellyf of borskas kom.
  • ’n Ligter Hula-hoep gebruik meer energie wat beteken jy sal nie so lank kan hoelahoepel soos met ’n swaarder hoep nie, maar ’n swaarder hoep hou weer ander voordele in vir jou spiere.
  • Sit die hoep oor jou kop en hou dit teen jou rug met een voet voor die ander. Tol die hoep om jou middel en wieg vorentoe en agtertoe op jou voete. Verplaas jou gewig sodat die Hula-hoep bly roteer en nie op die grond val nie.
  • Swaai jou heupe terwyl jy hoelahoepel. Dit maak dit moeiliker, maar versterk jou maagspiere en help met sirkulasie.   
[box:full:red:both]

Hoe lank moet jy oefen?

[/box]

  • Eerste week: Hoelahoepel vir 1-3 minute, 6-7 keer ’n dag.
  • Tweede week: Oefen totdat jy 3-5 minute op ’n slag kan doen.
  • Elke week hierna: Probeer 1-3 minute meer doen as die vorige week.
  • Jou doel: Om 30 min op ’n slag te hoelahoepel.

Bron: E-How

  • ilze

    try !!

  • ilze

    oops – please delete that comment !! thx