Het jy gehoor?

Nicole Kidman: ‘Ek kan nou weer my gesig beweeg!’

In die Hollywood-wêreld waar jou voorkoms jou kan maak of breek word een geheim goed bewaar: wie gaan vir Botox-inspuitings en wie nie.

Die 45-jarige aktrise, het vir jare voet by stuk gehou dat haar gesig natuurlik is, maar die poniepers het gegons met opskrifte soos: “Help! Ek kan nie my gesig beweeg nie!

Uiteindelik het Nicole nou dié gerugte in die Italiaanse koerant, La Repubblica aangespreek. “Geen operasies vir my nie. Ek het ongelukkig Botox probeer, maar dit het nou uitgewerk en nou kan ek uiteindelik weer my gesig beweeg.”

Nou sê sy sy hou haar vel jeugdig op meer effektiewe wyses: sy dra elke dag sonskerm, rook nie en volg ’n gesonde leefstyl. “Ek kyk na myself en ek is trots daarop,” sê die Moulin Rouge-ster.

“Enige iemand kan enige iets aan hulself doen – ek oordeel nie –maar persoonlik glo ek daarin om fisies gesond te wees. Dit is hoe ek grootgemaak is.”

Nicole Kidman in 2012 op die voorblad van V MagazineNicole Kidman in 2012 op die voorblad van Harper's Bazaar

Ander sterre wat al erken het hulle het Botox of plastiese chirurgie gehad is Jaime Lee Curtis, Melanie Griffith, Joan Rivers en Dolly Parton.