FOTO: Bazaar

FOTO: Bazaar

Het jy gehoor?

Aktrise Emily Blunt weer swanger

Die Britse aktrise Emily Blunt verwag haar tweede pienkvoet! 

Sy en haar akteur-man, John Krasinski, het reeds ’n 2-jarige dogtertjie, Hazel. Dis alombekend dat John mal is oor Emily. Die afgelope week het John gesê die beste deel van sy lewe het eers begin toe hy sy vrou ontmoet het.

“Dis die waarheid. Ek sê dit nie omdat dit mooi klink op ’n kaartjie nie. Sy is een van die ongelooflikste mense, sy is so talentvol, sy’s mooi en sy is beslis buite my liga. En skielik het ek iemand gekry wat vir my lief is vir wie ek is. Dit kan nie beter as dit gaan nie,” het John aan The Daily Beast gesê.

SKERMGREEP: Youtube

SKERMGREEP: YouTube

John en Emily is al ses jaar getroud. Sy is tans besig om die boek The Girl on the Train,’n internasionale blitsverkoper, in Engeland te verfilm. Sy speel die hoofkarakter, Rachel, en gelukkig vir haar is dié karakter oorgewig. Haar swangerboepie sal darem nie in die pad kom nie! Toe Emily in 2014 met Hazel swanger was, moes sy dele van die rolprent Edge of Tomorrow saam met Tom Cruise oorskiet.

 

Hier praat sy destyds oor haar eersteling

 

Tyra kry haar pienkvoet

Die supermodel Tyra Banks het die afgelope week haar eersteling, York, verwelkom. Sy en haar kêrel, Erik, het hul seuntjie deur surrogaatskap gekry.

Sy het hul goeie nuus op sosiale media gedeel:

Bronne: People,The Daily Beast

Lees nou