FOTO: Instagram  @jaime_king

FOTO: Instagram @jaime_king

Het jy gehoor?

Aktrise Jaime King praat oor haar 5 miskrame

Die model en aktrise Jaime King (Hart of Dixie) is nou die trotse ma van James Knight. Maar sy het swaar tye deurgemaak voor sy dié geluk kon ervaar.

Jaime het al in die verlede gesê dat sy baie sukkel om swanger te word, maar verlede jaar in Oktober, op 34-jarige ouderdom, het sy haar eersteling in die wêreld gebring.

Sy het eers die afgelope naweek besluit om op Instagram haar moeilike reis met haar aanhangers te deel, berig People.

Jaime en haar eersteling, James FOTO: Instagram  @jaime_king

Jaime en haar eersteling, James
FOTO: Instagram @jaime_king

Sy het geskryf aan vroue wat sukkel om swanger te word en haar eie storie gedeel om hulle daaraan te herinner dat hulle nie alleen is nie. In dié boodskap het sy verklap dat sy vir 8 jaar met polisistiese eierstok-sindroom (PCOS) en endometriose gesukkel het voordat dit gediagnoseer was. Sy was by 9 verskillende dokters voordat sy een gekry het wat haar kon help.

Sy het ook ’n ektopiese (buitebaarmoederlike) swangerskap en 5 miskrame gehad en vir byna 5 jaar probeer om swanger te word met 5 in vitro-bevrugtingbehandelings (IVB) en 26 kunsmatige inseminasies (KI).

Daarna het sy ’n baie moeilike bevalling gehad. En omdat sy nie ander mense wou “teleurstel” nie, het sy tot die dag voor die geboorte gewerk en weer begin werk net 6 weke ná die geboorte.

Jaime, wat nou 35 jaar oud is, het intussen die inskrywing verwyder, maar haar boodskap aan vroue was duidelik – jy is nie alleen nie. En daar ís hulp.

FOTO: Instagram  @jaime_king

FOTO: Instagram @jaime_king

Wat dink jy daarvan dat Jaime sosiale media gebruik het om dié boodskap oor te dra? Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!

Bron: People

Nóg oor moeilike swangerskappe op SARIE.com