FOTO: Verskaf

FOTO: Verskaf

Het jy gehoor?

Aktrise Jana Fischer is swanger!

Aktrise Jana Fischer het aan SARIE.com verklap dat sy swanger is met ’n dogter. 

“Ons is verskriklik opgewonde!” het die Vallei van Sluiers-ster aan SARIE.com gesê. Jana is al vyf maande swanger en haar pienkvoet word in Mei verwag.

“Ek en my man, Stephan Niehaus, kan nie wag om haar te ontmoet nie!”

FOTO: Verskaf

FOTO: Verskaf

Die paartjie is in 2014 op ’n sonnige herfsdag getroud. Kyk na hul troufoto’s HIER.

Baie geluk, Jana en Stephan!

Jana is nie die enigste SA bekende wat in 2016  ’n pienkvoet gaan ryker word nie, Jo-Ann StraussRiana Nel en Sorina Erasmus is ook swanger!