katherine
Het jy gehoor?

VIDEO: Aktrise Katherine Heigl uitgevang!

Die Grey’s Anatomy-aktrise Katherine Heigl en haar sanger-man, Josh Kelley, het hulself al as die “verveligste paartjie in Hollywood” beskryf, maar het nou onnodige aandag getrek oor hul skynbare luidrugtige gekafoefel in die jacuzzi en ‘n knorrige buurman. Dié buurman het blykbaar op die tweetjies gegil om stil te bly waarna die polisie ontbied is om die situasie te ontlont.

Die video wat deur E News! bekendgemaak is en nou oral op die web beskikbaar is, wys waar Josh in sy swembroek eers met die polisie gesels waarna Katherine in haar klein bikini in die skerp lig verskyn. Josh het ‘n paar pogings aangewend om haar weer die huis in te lok, maar Katherine het gevoel dat sy dié saak self moet hanteer. 

Volgens haar is manlief besig met ‘n toer en hy was net vir ‘n vinnige 3 dae tuis.

Praat van sonde met die bure…Hier’s die video:

  • Nemesis

    Pleks hulle sluit daardie buurman toe…. vir ‘STALKING’ of so iets. Dis mos hulle huis, hulle is getroud… hel, man…. dis mos nou net ‘n sensasie-soekery