katherine_heigl_003_1024x768
Het jy gehoor?

Aktrise Katherine Heigl is swanger!

Goeie nuus vir die aktrise Katherine Heigl, sy verwag ’n seuntjie! Die voormalige Grey’s Anatomy-aktrise is reeds ’n ma van twee, maar dit is haar eerste swangerskap. Dit sal haar en haar man, die sanger Josh Kelly, se derde kind wees.

Die Knocked up aktrise het ’n verklaring uitgereik om die goeie nuus aan te kondig. Katherine is baie opgewonde om die nuus oor hul groeiende gesin te deel, berig Daily Mail. Sy het ook dié foto van die baba se sonogram op haar sosiale media gedeel:

Katherine, 37, en Josh, 36, verwelkom die baba in Januarie 2016. Hulle het reeds twee aangenome dogters, Naleigh Moon,7, en Adalaide Marie Hope,4. Sy vertel hoe opgewonde dié is oor hul broertjie wat op pad is. Hulle kan nie wag om hom te ontmoet nie, berig People

 

A photo posted by Katherine Heigl (@katherineheigl) on

 

Katherine en Josh is nie al paartjie wat ’n kind verwag nie. Die Hollywood-paartjie Mila Kunis en Ashton Kutcher gaan vir ’n tweede keer ouers word.

Die aktrise Emily Blunt en haar akteur-man, John Krasinki, is ook swanger. Hul eersteling, Hazel, is in 2014 gebore.

Bronne: Daily MailPeople 

Lees nou

Is Jennifer Aniston swanger?

Janet Jackson swanger op 49

Kerry Washington is swanger