Leandie du Randt by die première van Pad na jou hart FOTO: Phyllis Green

Het jy gehoor?

Aktrise Leandie du Randt se nuwe haarstyl

Jennifer Aniston, Reese Witherspoon, Taylor Swift en Hayden Panettiere het dit gedoen. Nou het Afrikaanse aktrise Leandie du Randt óók haar hare in ’n lang bob laat sny!

Nie net is dié aktrise, wat ook onlangs haar eerste boek gepubliseer het, se hare nou net bo haar skouers nie, sy het ook ’n nuwe, reguit kuif wat tot kort bo haar oë hang.

Die Die Windpomp-aktrise het haar hare by The Senate Hair Salon in Montecasino se The Pivot laat sny. “Dankie Jean-Lett by @SenateHair vir my amazing kleur en kaf,” het Leandie op haar Instagram-blad geskryf en dié foto gedeel.

Ons is mal oor Leandie se nuwe haarstyl én die helderpienk lipstiffie wat sy op dié foto dra! Hier is sy by haar vriendin Michelle Gouws.

Sy is nie die enigste bekende wat dié week haar hare gesny het nie! Die Oscar-benoemde Jessica Chastain (The Help, Zero Dark Thirty) het self ook ’n nuwe kuif gesny terwyl Nashville-faam se swanger Hayden Panettiere haar hare in ’n lang bob, oftewel ’n lob, gesny het.

WAT DINK JY? Pas Leandie se nuwe haarstyl by haar? Lewer kommentaar hier onder of op ons Facebook– of Twitter-blad