FOTO: Leana Clunies-Ross
Foto geneem by Bistro Vine Parkhurst, 011 327 4558, www.bistrovine.co.za

FOTO: Leana Clunies-Ross Foto geneem by Bistro Vine Parkhurst, 011 327 4558, www.bistrovine.co.za

Het jy gehoor?

Aktrise Lika Berning is swanger!

Haar ma is die aktrise Jana Cilliers en haar pa regisseur Regardt van den Bergh. Lank, sê sy, het sy in die skadu van haar bekende familie geleef. Maar nou is sy Lika Berning uit eie reg. Aktrise, vervaardiger, ma – ’n lente-baba is juis op pad.

[...]

Lika is besig. Sy het pas klaar verfilm aan die fliek Trouvoete, ’n romantiese avontuur waarin sy teen einde vanjaar as die baasspelerige sussie van die hoofkarakter, gespeel deur Erica Wessels, te sien sal wees, asook aan Byl, ’n TV-reeks oor die speurder Piet Byleveld wat volgende jaar op kykNET sal wys. Sy is ook vanaf 24 April in teaters te sien in die hoofrol in French Toast, ’n roman- tiese avontuur oor ’n vrou wie se lewe verander wanneer sy haar ma se voetspore na die Franse hoofstad, Parys, volg.

Vir Lika self was die verfilming in Parys eintlik ’n baie persoonlike reis. Haar ouma, die bekende skilder

Bettie Cilliers-Barnard, het dié stad in 1948 besoek om ’n kunskursus in steendrukwerk te doen.

“Sy was baie na aan my hart en het my aan die gees van Parys bekend gestel – sy het die konsep van die kunsstad vir my duidelik gemaak. Ek het so baie na haar stories oor Parys geluister, al het sy dit later op haar oudag drie keer oorvertel. [Sy is in 2010 oorlede.] Ek is ook lief vir skilder en my ouma het haar kwaste en verf vir my gegee. Dis ’n passie van my, en sy was die inspirasie.

Sy was baie jonk en het pas haar eerste kind gehad toe sy Parys toe is vir die kursus – agt maande lank. Dit was absoluut ongehoord in daardie jare – my arme oupa! Ek en my ma het jare later daaroor gepraat en gesê ons sou dit nooit aan ons kinders kon doen nie. Ek was net tien dae in Parys vir die verfilming van French Toast, en ek het so na Hugo en Clyde verlang. Maar my ouma was vreeslik gedrewe en het ’n plan vir haar lewe gehad. Sy het tot in haar vroeë sewentigs elke nou en dan vir vier maande op ’n slag Parys toe gegaan vir uitstallings en nog kursusse. Sy het vriende daar gehad en het soos ’n wafferse Coco Chanel gelyk.”

[...]

MEI

 

Lees die volledige artikel oor Lika se ervaring in Parys, haar passies én swangerskap in die Mei-uitgawe van SARIE – nóú op die rakke! 

 

 

Een gelukkige leser kan ’n replika van die hangertjie wat in die nuwe Suid-Afrikaanse fliek French Toast te sien is, wen – klik HIER.

FOTO: Gerhard Minnaar /  Eventpho Photography

Lika by die première van French Toast FOTO: Gerhard Minnaar / Eventpho Photography

Kyk na die première-foto’s hier