Het jy gehoor?

Liv Tyler swanger met tweede kind

Die 37-jarige aktrise Liv Tyler is swanger met haar tweede kind, berig E! Online. Maar blykbaar wil Liv nie die geslag van die baba weet nie.

Liv, dogter van die musieklegende Steven Taylor, is reeds die ma van 9-jarige Milo William Langdon uit haar vorige huwelik met die musikant Royston Langdon.

Liv en Royston is in 2008 geskei nadat hulle 5 jaar getroud was.

Liv en Royston is nog goeie vriende FOTO: Instagram  @roystonlangdon

Liv en Royston is nog goeie vriende
FOTO: Instagram @roystonlangdon

Liv en Roy se seun, Milo FOTO: Instagram  misslivalittle

Liv en Roy se seun, Milo
FOTO: Instagram misslivalittle

Milo William Langdon FOTO: Instagram  @roystonlangdon

Milo William Langdon
FOTO: Instagram @roystonlangdon

Liv en Milo FOTO: Instagram @misslivalittle

Liv en Milo
FOTO: Instagram @misslivalittle

Die media het onlangs berig dat Liv en David Beckham se vriend die sokkeragent Dave Gardner ’n paartjie is. Hulle is glo aan mekaar voorgestel deur hul gemeenskaplike vriendin Kate Moss.

Dave het twee kinders uit sy huwelik met die Britse aktrise Davinia Taylor. Hulle is in 2010 geskei.

David Beckham saam met Liv Taylor se nuwe kêrel, en moontlik die pa van haar tweede kind, David Gardner (regs) FOTO: Instagram  @davidgardner76

David Beckham saam met Liv Taylor se nuwe kêrel, en moontlik die pa van haar tweede kind, David Gardner (regs)
FOTO: Instagram @davidgardner76

Bron: E! Online en Bang Showbiz